Welkom by AfriForum 911!
- Demonstrasie
AfriForum 911 is ʼn GRATIS nooddiens waarmee jy met die druk van ʼn selfoonknoppie blitsig nood SMS’e aan ses van jou bure, vriende of familie kan laat stuur, waarin hulle ingelig word dat jy hulp benodig. Die diens kan handig te pas kom wanneer jy die slagoffer van misdaad is, mediese probleme ondervind of enige ander krisis moet hanteer.
Die enigste koste wat geld, is ʼn eenmalige heffing van R5-00 op jou selfoonrekening wanneer jy die diens aktiveer of heraktiveer. Die koste is ter finansiering van die nood SMS’e wat jy kan uitstuur in geval van nood. Geen maandelikse fooie geld nie.
Al wat jy hoef te doen om AfriForum 911 te gebruik, is om te registreer en die maklike instruksies te volg. Laat weet asseblief diegene wat jy op jou kontaklys geplaas het daarvan, sodat hulle ingelig sal wees indien jy ooit hulle hulp benodig.
Dit is die primêre taak van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die regering om alle landsburgers te beskerm. AfriForum glo egter ook dat gemeenskappe betrokke moet wees by aksies om misdaad te voorkom. AfriForum 911 bied ʼn platform waardeur die gemeenskap ʼn teen-misdaad kommunikasienetwerk daar kan stel.
Jy word uitgenooi om van hierdie diens gebruik te maak en dit ook aan jou vriende, familie en bure bekend te stel. Hierdie webblad sal gereeld met misdaadvoorkomingswenke opgedateer word.
Saam kan ons ʼn verskil aan die misdaadsituasie in ons land maak.