’n Paniekknoppie met 24/7-ondersteuning

AfriForum 911

Wat is die AfriForum 911-noodknoppietoep?

Die AfriForum 911-noodknoppietoep is ’n gebruikervriendelike, familiegeoriënteerde nooddienstetoep. Die AfriForum 911-noodknoppietoep kan op jou slimfoon afgelaai word en verander jou slimfoon dus in ’n noodgevalpaniekknoppie. Dié toep koppel jou direk aan enige van die toepaslike nooddiensverskaffers in Suid-Afrika. Deur middel van die AfriForum 911-noodknoppietoep kry diensverskaffers vinnig toegang tot jou inligting sodat die toepaslike sorg aan jou of jou familie gegee kan word.

AfriForum bied in samewerking met Response 24 die AfriForum 911-noodknoppietoep om jou en jou familie veilig te hou.

  • Gewapendereaksie- en mediese nooddienste met die druk van ’n knoppie
  • Presiese GPS-identifisering van die ligging vanwaar die noodsein kom – akkuraat tot op 5 meter
  • Direkte noodseine om kommunikasiehindernisse te verminder
  • Vinniger reaksietye met intydse inligting oor reaksiepersoneel
  • Maklike proses om die AfriForum 911-noodknoppietoep via Google Play (Android), App Store (Apple) en AppGallery (Huawei) op jou slimfoon te laai
  • ’n Enkele aanteken-en-registrasieskerm (eenmalige PIN via SMS aan jou gestuur)


Watter gratis voordele bied die AfriForum 911-noodknoppietoep?

  • Jy kan een gratis alarm vir gewapende reaksie en een vir ’n mediese noodgeval per maand vir jouself (as AfriForum-lid) of een van maksimum vyf afhanklikes (direkte familielede) stuur as ’n gedeelde voordeel vir al ses mense, deur bloot die toepaslike AfriForum 911-noodknoppie te druk.
    Let wel:  Geen mediese vervoer- en geen verbandhoudende mediese dienste word deur hierdie voordeel gedek nie en is dus vir die lid se rekening.
  • Jy kan onbeperkte familie- en vriende-alarms stuur sodat hulle jou te hulp kan snel.
  • Jy kan via die toep kommunikeer om jou familie te ondersteun terwyl hulp op pad is. Onthou: Hiervoor benodig jy data.
  • Sien intyds via toepkennisgewings watter reaksiepersoneel en familie op pad is om jou te kom help.
  • Jy kan jou familie intyds op ’n sentrale kaart op jou slimfoon dophou – en hulle vir jou – sodat julle kan weet dat almal veilig is. Onthou dat hulle ook die toep moet aflaai en daarop moet registreer vir dié funksie om te werk.
  • Jy kan ’n omgekeerde alarm maak namens jou geregistreerde afhanklikes om gewapende reaksie- of mediese nooddienste na hulle te ontbied, of om self na hulle te navigeer. Afhanklikes kan ook namens jou waarskuwings stuur wanneer jy in nood verkeer.
  • Jy kan geo-afgebakende gebiede skep om op hoogte te bly van wanneer jou familielede dié gebiede binnegaan of verlaat.
  • Jy sal kennisgewings ontvang selfs al is die toep toegemaak.
  • Jy kan via die toep met ons tegniese span oor toepverwante kwessies kommunikeer. Onthou: Hiervoor benodig jy data.

Kyk gereeld of daar ‘n nuwer weergawe van die toep in jou toepwinkel beskikbaar is, en laai dit af sodat jy altyd toegang tot alle funksies het.