Maandelikse Argief vir May, 2009

Polisieforum - Pierre van Ryneveld

‘Plaasaanvalle is nie polities gemotiveer, dis maklike teikens’

May 21 2009 08:55:42:800PM

Die polisie se primêre taak is nié om misdaad te voorkom nie.

Herman Scholtz

Die polisie se primêre taak is nié om misdaad te voorkom nie.

Só het twee kenners van die misdaadsituasie in die land gister by die bekendstelling van die burgerregte-organisasie AfriForum se landwye netwerk vir gemeenskapsveiligheid in Centu?rion gesê.

Drr. Johan Burger, ‘n senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudie, en Rudolph Zinn van Unisa se departement kriminele en forensiese ondersoek, het gesê dis onrealisties om die polisie vir misdaadvoorkoming verantwoordelik te hou.

Burger het in sy voorlegging gesê die regering het by herhaling in sy witskrifte en beleid erken maatskaplike probleme, soos werkloosheid en armoede, hou die grootste bedreiging vir nasionale veiligheid in.

Dááraan kan die polisie nie veel doen nie, het hy gesê.

“Die regering erken dit, maar doen niks daaromtrent nie, of baie min.

“Daar is ‘n eng opvatting dat die polisie die sentrale oplossing vir die misdaadprobleem is.”Volgens Burger sal ‘n gesaghebbende persoon soos die president of adjunkpresident verantwoordelikheid moet aanvaar om dié probleme op te los.

Al neem misdaad in die geheel af, oortref dit steeds internasionale statistieke, het hy gesê.

Die regering het volgens Burger in twee opsigte misluk. Dit is deur nié aandag te skenk aan die kwessies van nasionale veiligheid nie en dit eerder aan die polisie oor te laat. Tweedens het die regering ‘n vakuum laat ontstaan ná die uitfasering van die kommandostelsels.

Zinn het sê hoewel maatskaplike probleme misdaad aanvuur, wys sy navorsing die meeste misdadigers tree uit gierigheid op. Hy het die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid vir die voorkoming en bekamping van misdaad beklemtoon.

Die probleem is dat gemeenskapsinisiatiewe voorvalgedrewe is, het Zinn gesê. “Hoe meer suksesvol dié projekte raak, hoe minder is die belangstelling.”

Dan neem dit weer ‘n gebeurtenis wat die gemeenskap ruk voordat hulle betrokke wil raak.

Zinn het gesê dis belangrik om die “misdadigers én die misdaad” te verstaan deur misdaadintelligensie te versamel en te versprei en die verspreiding van ongegronde inligting stop te sit.

In sy onlangse studie onder 30 rowers in tronke het hy gevind 22% van hulle het ook plaasaanvalle uitgevoer.

“Volgens hulle is dit net nóg ‘n huisrooftog. Plase is maklike teikens omdat dit geïsoleerd is. Daar bestaan geen bewyse dat daar ‘n politieke motief is nie.”

Mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum, het gesê daar is reeds honderde uitstekende gemeenskapsinisiatiewe teen misdaad.

Die nuwe inisiatief sal dié projekte beter laat saamwerk en inligting deel.

Lees die oorspronklike berig hier.

La Montagne/Murrayfield Gemeenskapspatrollie Vereniging

(LA MONTAGNE/ MURRAYFIELD COMMUNITY PATROL ASSOCIATION)

Dames en here dankie vir die geleentheid om ‘n paar gedagtes met u te wissel oor ons Vereniging en meer spesifiek oor dié dinge wat ons glo dit uniek en suksesvol maak.

Net oor die verduideliking waarom ons ‘n Vereniging en nie ‘n Gemeenskaps Polisierings Forum (GPF) is nie.

Soos u almal, of ‘n groot aantal van u weet is die instelling en bedryf van die Gemeenskaps Polisierings Forum die plig en verantwoordelikheid van die Suid Afrikaanse Polisie Diens en spesifiek die betrokke stasie bevelvoerder. Die SAPD meen dus die leiding maar het ook die beheer oor die funksionering van die forum. Die gebrek aan middele het die Silverton Polisie Stasie verhoed om ‘n effektiewe GPF daar te stel wat voldoen aan die wet. ‘n GPF bestaan wel maar met verskeie beperkings.

Lees verder ‘La Montagne/Murrayfield Gemeenskapspatrollie Vereniging’

Voorlegging vir die AfriForum-konferensie 21 Mei 2009

GarsCom is die gemeenskapsvereniging van die woonbuurt in Garsfontein, wes van Woodhill. Die grense is Woodhill, Garsfonteinweg, Hans Strijdom en Atterbury.

Garscom se visie: ‘n veilige, oop, vriendelike en betrokke gemeenskap.

Veilige:

Ons benadering is ‘n kombinasie van voorkomende patrolering deur ‘n veiligheidsmaatskappy plus deelname van die gemeenskap. Dit is besonder effektief.

Lees verder ‘Voorlegging vir die AfriForum-konferensie 21 Mei 2009′

AfriForum loods Netwerk vir Gemeenskapsveiligheid

AfriForum

ʼn Inisiatief van Solidariteit

Mediaverklaring

       21 Mei 2009

 

AfriForum loods Netwerk vir Gemeenskapsveiligheid

 

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het vandag tydens ʼn konferensie in Pretoria, ʼn netwerk vir gemeenskapsveiligheid geloods om onderlinge skakeling en inligtingsuitruiling tussen bestaande gemeenskapsgedrewe veiligheidsinisiatiewe te bevorder. Die konferensie is deur verteenwoordigers van gemeenskaps-inisiatiewe teen misdaad bygewoon. Die inisiatiewe het die stigting van die netwerk eenparig ondersteun.

AfriForum se Netwerk vir Gemeenskapsveiligheid sal ook die beste praktyke van die bestaande plaaslike teen-misdaadinisiatiewe identifiseer vir die daarstelling van gemeenskapsveiligheidsaksies waar dit tans nie bestaan nie.  Die kontakbesonderhede van bestaande plaaslike teen-misdaadinisiatiewe sal ook as deel van die netwerk aan lede van die publiek, wat graag by sodanige aksies wil inskakel, beskikbaargestel word op die webwerf www.afriforum911.co.za.  Die konferensie is die eerste van ʼn reeks landswye konferensies om die netwerk uit te bou. 

Volgens Nantes Kelder, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, bestaan daar letterlik honderde positiewe inisiatiewe landswyd waar plaaslike gemeenskappe binne die raamwerk van die wet hulle gemeenskappe teen misdaad help beveilig.  Die sukses van hierdie inisiatiewe kan volgens Kelder nog verder verbeter indien daar onderling skakeling tussen gemeenskappe is oor watter aksies werk en wat nie werk nie.  “Dit is tyd dat die burgerlike samelewing ʼn gesamentlike front vorm teen die misdaadvlaag wat die land teister,” het Kelder bygevoeg. 

Tydens die konferensie het doktor Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies en doktor Rudolph Zinn van Unisa, ʼn kort oorsig oor die misdaadprobleem en die modus operandi van misdadigers gee, waarna verteenwoordigers van verskeie suksesvolle teen-misdaad-gemeenskapsaksies in die Pretoria-omgewing hulle werksaamhede met konferensiegangers gedeel het.  ʼn Bespreking het gevolg oor hoe onderling skakeling tussen die onderskeie aksies volhoubaar aangepak moet word, hoe hulle mekaar kan bystaan en hoe die publiek in groter getalle betrek kan word.  Die onderskeie aksies skakel reeds op plaaslike vlak met die SAPD, maar tydens die konferensie is besluit om gesamentlik op provinsiale en nasionale vlak gesamentlik met die SAPD te skakel. 

Gemeenskapsveiligheidsaksies wat deel wil word van AfriForum se landswye Netwerk vir Gemeenskapsveiligheid, kan Nantes Kelder by nantes@afriforum.co.za of telefoonnommer 086 10 200 30 kontak.

Nantes Kelder

Hoof gemeenskapsveiligheid: AfriForum

084-619-8264

nantes@afriforum.co.za

Veiligheidshandleiding vir die gesin

Hierdie dokument beskryf die volgende onderwerpe:

  • Beveiliging van die woning
  • Agterplaas en heinings
  • Sleutels
  • Waghonde
  • Beveiliging van uself en u besittings
  • Vreemdelinge en Besoekers
  • Vuurwapens
  • Voorsorg teen brande
  • Wanneer u met vakansie gaan
  • Veiligheid in u motor
  • Veiligheid op straat

Laai die volldedige dokument af: Afrikaans of Engels

Elektroniese Motorhekke

Maak u motorhek met ‘n afstandbeheer oop?  Maak seker u hek gaan toe sodra u in of uit ry die nuwe tendens is dat die “ogies” toe geplak  word en dit dus nie gaan registreer wanneer u by u erf in of uit gery het nie.