|
Jul 31 2009 02:26:12:480AM Die aanstelling van mnr. Bheki Cele as die land se nuwe polisiehoof laat die wenkbroue lig. Die aanstelling van mnr. Bheki Cele as die land se nuwe polisiehoof laat die wenkbroue lig. Dié aanstelling kom terwyl Suid-Afrika onder ’n misdaadkrisis steier waarin gemiddeld 50 mense daagliks vermoor word. Waar al om die hoeveel minute ’n vrou verkrag word of iemand gekaap, beroof of getraumatiseer word. Dis duidelik dat pres. Jacob Zuma te midde van dié misdaadkrisis een van sy grootste lojaliste met ’n politieke aanstelling beloon het. Daar móét individue in die topbestuur van die SAPD wees wie se ervaring met die daaglikse bestuur van ’n nasionale polisiemag van hulle veel beter kandidate as Cele maak. Veral gegewe die klad wat die verleentheidswekkende mnr. Jackie Selebi op die amp van nasionale polisiekommissaris gelaat het, is ’n goeie bestuurder nodig wat sake kan regruk, eerder as ’n politikus wat hom met magspeletjies ophou. As politikus het Cele die reputasie dat hy graag uit die heup skiet en lief is vir tawwe praatjies. Só byvoorbeeld sal hy onthou word vir sy uitlating dat polisielede moet skiet om dood te skiet, en vir ’n tirade teen emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu waarin hy gesê het Tutu moet sy mond hou en ophou om ’n “adjunk-Jesus” te probeer wees. Tawwe en lawwe praatjies gaan op sigself die sukkelende polisiemag niks in die sak bring nie. Ons vrees is dat Zuma met Cele se aanstelling dieselfde fout maak as wat oudpres. Thabo Mbeki gemaak het toe hy Selebi as nasionale polisiehoof aangestel het. Die belangrikste vereistes van die nasionale polisiehoof is immers professionele kundigheid, ervaring en onpartydigheid; nie blinde politieke lojaliteit nie. As Cele dít besef, moet hy onmiddellik as lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee bedank. http://jv.news24.com/Die_Volksblad/Hoofartikel/0,,5-87_2543711,00.html |
Maandelikse Argief vir July, 2009
|
Jul 30 2009 08:50:46:303PM ’n Arbeidsterapeut en ma van twee se keel is eergistermiddag afgesny nadat haar aanvallers haar verskeie kere met ’n mes gesteek het. Amanda Roestoff ’n Arbeidsterapeut en ma van twee se keel is eergistermiddag afgesny nadat haar aanvallers haar verskeie kere met ’n mes gesteek het. Eers het hulle mev. Marinda O’Dell (48) se 17-jarige dogter, Alicia, met ’n breekyster in haar slaapkamer in die huis aangerand en haar gewurg, vermoedelik as deel van ’n poging om die huis in Noordheuwel, Krugersdorp, te beroof. Die polisie het een van die vermeende moordenaars gekry waar hy in die huis se dak weggekruip het, het insp. Odette van Staden, woordvoerder, bevestig. Nóg een is enkele ure ná die moord in die nabygeleë Munsieville aangekeer. Alicia het kort ná 14:00 by hul hoekhuis in Keersombergstraat opgedaag. Sy het eers gesels met mense wat vir ’n arbeidsterapiesessie met haar ma daar was voordat sy die huis in is. Kort daarna is Alicia in haar slaapkamer oorval, aangerand en gewurg, het die polisie gesê. Sy het haar bewussyn verloor en op die vloer inmekaargesak. Haar ma het kort daarna by die huis opgedaag. Sy het eers leerlinge van die Lantern Skool, ’n skool vir kinders met spesiale onderrigbehoeftes waar sy werk, by hul huise afgelaai. O’Dell het die kliënte vir die nauurse arbeidsterapiesessie wat Alicia vroeër gegroet het, ingenooi en na haar kantoor geneem voordat sy na haar dogter gaan soek het. Sy het vermoedelik onraad vermoed toe Alicia nie op haar geroep gereageer het nie. O’Dell was blykbaar besig om ’n vriendin te bel om te hoor of dié weet waar Alicia is, toe sy ook oorval en vermoor is. Haar lyk is in die hoofslaapkamer gevind. Die polisie is gou ontbied en was binne minute op die toneel. Dit was gister nog onbekend hoe die arbeidsterapiekliënte, ’n vrou en haar kind, die aanval oorleef het. Mnr. Henry O’Dell was ten tye van die moord op sy vrou in Durban en het eergisteraand teruggevlieg. Mev. O’Dell se bejaarde ma, mev. Marietjie Pieterse, sou gistermiddag met Beeld oor haar enigste dogter praat, maar die eienaar van ’n gastehuis waar die familie tuisgaan, het die onderhoud later afgestel omdat die familie nog te getraumatiseer is. Die twee mans wat in hegtenis geneem is, is onderskeidelik 27 en 28 jaar oud. Hulle verskyn albei vanoggend op aanklagte van moord en poging tot roof in die Krugersdorpse landdroshof. http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2543663,00.html |
|
Jul 30 2009 08:51:21:193PM Twee mans is gisteroggend koelbloedig deur vier misdadigers geskiet en gewond toe hulle by hul voordeur uitgestap het om te gaan werk. Hilda Fourie Twee mans is gisteroggend koelbloedig deur vier misdadigers geskiet en gewond toe hulle by hul voordeur uitgestap het om te gaan werk. ’n Werknemer van mnre. Flip Nel (46) en Christo Smit (42) het hulle kort ná die skietery op die voorstoep van hul huis op ’n kleinhoewe by Elandsfontein, wes van Pretoria, gevind. Nel, eienaar van ’n blommewinkel in Ifafi by Hartbeespoortdam, is in die bors geskiet en Smit, ’n werknemer van Prime Products, ’n fabriek wat kosmetiek vervaardig op die perseel van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Sakek) by Pelindaba, in die maag. “Hulle (Nel en Smit) is blindelings geskiet. Hulle het net by hul huis uitgegaan, toe word hulle geskiet,” het mnr. John Foulds (52), ’n buurman, gesê. Volgens Foulds het die misdadigers vroeër die oggend by die mans probeer inbreek, maar was hulle onsuksesvol. Hulle het toe by die mans se voordeur gaan wag totdat hulle werk toe gaan. Toe die mans by hul voordeur uitstap, is hulle geskiet. Foulds het gesê ’n werknemer van Nel en Smit het hulle net ná die skietery op die voorstoep gekry. Hy het hulle in die portaal ingesleep, ’n kombers oor hulle gegooi en gaan hulp soek. Volgens Foulds het hy omstreeks 06:00 sewe skote gehoor, maar hom nie daaraan gesteur nie omdat dit ’n alledaagse geluid in dié omgewing is. Kort daarna het die werknemer aan sy kamervenster kom klop en gesê hy moet help en die polisie en ’n ambulans ontbied. Nadat Foulds 10111 gebel het en dié hom na die provinsiale ambulansdiens deurgeskakel het, het hy hom na sy bure se kleinhoewe gehaas. “Albei het in die portaal in ’n plas bloed op die vloer gelê,” het Foulds gesê. “Ek het vir elkeen ’n kussing gekry en probeer om hulle gemaklik te maak. “Christo het gesê hy is dors. Flip het gevra ek moet hom help, want hy het baie seer. ’n Mens kon sommer sien hoe seer hy het.” Volgens Foulds het hy sowat twee uur lank gesukkel om die polisie en ’n ambulans te kry om na die kleinhoewe te kom. Later het hy ’n nommer van ’n polisiesersant by die mans gekry. Die sersant kon daarin slaag om die polisie op die toneel te kry. “Terwyl ons vir hulle (die polisie) wag, lê en bloei en suffer hulle (Nel en Smit) op die grond,” het Foulds gesê. Die mans is uiteindelik met die Netcare 911-helikopter na die Steve Biko-hospitaal in Pretoria geneem. Albei se toestand was teen gistermiddag nog ernstig. Kapt. Dumisani Ndlazi, polisiewoordvoerder, het gesê hy kan nie bevestig of ontken nie dat dit die polisie lank geneem het om by die toneel uit te kom. “Ons sal altyd sulke bewerings kry,” het Ndlazi gesê. Volgens Ndlazi het die misdadigers die mans se huis geplunder en die geroofde items in die mans se voertuig gelaai en gevlug. Dié voertuig is later verlate in Kerkstraat gevind. ’n Saak van poging tot moord en huisroof word deur die trio-taakspan ondersoek. http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2543642,00.html |
|
Jul 31 2009 01:52:26:633AM Hannatjie van der Merwe Toe twee vermeende jong diewe nog daaraan dink om gesteelde artikels weg te dra, betrap insp. Bennie Coetzer hulle op heter daad en verras hulle by die venster waar hulle ingeklim het. KIMBERLEY. – Toe twee vermeende jong diewe nog daaraan dink om gesteelde artikels weg te dra, betrap insp. Bennie Coetzer hulle op heter daad en verras hulle by die venster waar hulle ingeklim het. Coetzer is nie net ’n baie fikse lid van die polisiediens nie, maar man-alleen het hy gister omstreeks 07:45 dié twee vasgetrek en verseker dat hulle vinnig agter tralies beland. Coetzer – wat onlangs op die polisiediens se nasionale kampioenskapsbyeenkoms vir bergfietse wat in Oos-Londen gehou is, vier goue medaljes verwerf en die derde agtereenvolgende jaar vir die nasionale span gekies is – het gisteroggend patrolliediens op die pad na die lughawe gedoen, want daar is vir me. Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, se aankoms gewag. Konst. Sergio Kock sê Coetzer, bevelvoerder van die polisie in die stad se taktiese span, het gesien hoe dié twee oor ’n heining by ’n huis in Southridge spring. Hy het die polisie se bakkie ’n entjie verder geparkeer en gesien ’n venster is aan die agterkant van die huis gebreek. Die stopverf van die venster was afgeskraap en dit was die enigste venster sonder diefwering. Hy het deur die venster gesien ’n DVD-speler en kruideniersware is op ’n bed reggesit om te neem. Toe een van die vermeende diewe by die venster wou uitklim, het Coetzer hom gegryp. Hy moes hom met sy knie vasdruk om die ander een wat ook uitgeklim het, in hegtenis te geneem. Hy het albei toe vasgehou en in die bakkie gelaai, waarna hulle na die polisieselle gebring is. Kock sê dié twee van 16 en 17 jaar oud het vermoedelik die eiendom dopgehou en gesien toe die inwoners werk toe vertrek. Dir. J.J. van der Westhuizen, stasiekommissaris van Kimberley, het Coetzer vir sy optrede geloof. http://jv.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_2543725,00.html |
|
Jul 30 2009 08:38:46:773AM ‘n Pa wie se seun ernstige beserings opgedoen het toe sy bakkie teen ‘n Opel Corsa-bakkie gebots het, is glo drie keer by die Akasia-polisiekantoor weggewys toe hy die saak wou aanmeld. Daniel Maluleke ’n Pa van Pretoria wie se seun ernstige beserings opgedoen het toe sy wit Chana-bakkie Saterdagmiddag teen ’n swart Opel Corsa-bakkie gebots het, is glo drie keer by die Akasia-polisiekantoor weggewys toe hy die saak wou aanmeld. Mnr. Manie Botha (27) van 18de Laan, Wonderboom-Suid, het op die Bakwena-tolpad in Akasia in ’n westelike rigting gery. Die bestuurder van ’n aankomende bakkie het glo beheer oor sy voertuig verloor en teen Botha se bakkie gebots. Botha het ernstige beserings opgedoen en word in die Eugène Marais-hospitaal se waakeenheid behandel. Hy het beserings aan albei sy voete, sy regterbeen en sy borsbeen opgedoen. “Ek is eers Sondagoggend na die Akasia-polisiekantoor om die saak te gaan aanmeld,” het mnr. Manie Botha sr. (53), sy pa, gesê. “Ek het dit daar gaan aanmeld aangesien die ongeluk in hul gebied gebeur het. Toe sê hulle ek moet Maandagoggend terugkom. “Toe ek Maandag teruggaan, het hulle dit weer tot 13:00 uitgestel. Ek kon nie toe gaan nie omdat ek my seun in die hospitaal moes gaan besoek,” het Botha sr. gesê. Toe hy eergisteroggend weer by die Akasia-polisiekantoor aankom, het een van die polisiebeamptes aan diens hom weggewys, het hy gesê. Volgens Botha sr. is hy toe na die Moot-polisiekantoor, waar hulle hom gehelp het om die ongeluksverslag te skryf, maar moes hy toe na die Akasia-polisiekantoor terugkeer om die saak te laat registreer aangesien die ongeluk daar gebeur het. “Botha móét die saak weer by die Akasia-polisiekantoor aanmeld. As hy nie die nodige hulp kry nie, kan hy die probleem by die stasiebevelvoerder aanmeld,” het kapt. Solly Marindi, polisiewoordvoerder, gesê. http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2543327,00.html |
|
Jul 30 2009 01:44:13:407AM Twee Tshwane-metropolisielede wat ’n splinternuwe motor wat pas gesteel is, “begelei” het, is saam met die dief en nog ’n man toegesluit. Hilda Fourie Twee Tshwane-metropolisielede wat ’n splinternuwe motor wat pas gesteel is na ’n woonstel in die Pretoriase middestad “begelei” het, is saam met die dief en nog ’n man toegesluit. |
|
Jul 30 2009 01:44:12:013AM Mnr. Bheki Cele, Suid-Afrika se nuwe polisiehoof, gaan misdadigers geen genade betoon nie. Sarel van der Walt Mnr. Bheki Cele, Suid-Afrika se nuwe polisiehoof, gaan misdadigers geen genade betoon nie. “Jy moet taai wees, want jy (die polisie) werk met moeilike kalante,” het Cele by die presidentsgastehuis in Pretoria gesê kort nadat pres. Jacob Zuma hom as nasionale polisiekommissaris aangewys het. Cele is tans die KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid en -skakeling. |
Lees verder ‘Nuwe polisiekommissaris Cele ‘gaan nie genade wys nie’’
|
Jul 30 2009 02:22:32:947AM Sektorpolisiëringslede is nie polisiebeamptes nie. Hulle mag nie saam met die polisie aan padversperrings deelneem en mense aftrek en deursoek nie. Hilda Fourie Sektorpolisiëringslede is nie polisiebeamptes nie. Hulle mag nie saam met die polisie aan padversperrings deelneem en mense aftrek en deursoek nie. Hulle mag ook nie enige polisie-ampstekens dra of enige kleur lig op ’n private voertuig vir sigbaarheid gebruik nie. So lui die nasionale instruksie vir sektorpolisiëring wat vroeër vandeesmaand deur polisiebestuur goedgekeur is. |
Lees verder ‘Dié mense is nie polisie nie, hoor vergadering’
|
Jul 28 2009 08:49:47:170AM Lede van die Parkview-polisiestasie in Johannesburg het pamflette op die hoek van Judithweg en Beyers Naudérylaan uitgedeel om motoriste te waarsku dat breek-en-gryp-voorvalle baie hier plaasvind. |
|
Jul 27 2009 11:03:25:053PM Hilda Fourie “Hoekom word mense vermoor sonder dat enigiets geroof word? Hierdie is ’n ernstige probleem. Die minister is besig om daarna te kyk.” Mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het ’n ondersoek gelas na hoekom soveel mense sonder enige klaarblyklike motief doodgeskiet word. Al hoe meer sulke moorde kom in die Pretoria-omgewing voor. In die jongste voorval is mnr. Stephanus Johannes Weideman Handford (37) Vrydagaand voor sy vrou en vyf maande oue drielingbabas doodgeskiet. Sy moordenaars het met leë hande uit die huis in die Thatchfield Manor-veiligheidskompleks in Centurion gevlug. Die oggend is mnr. Johann Blignaut (54) noodlottig in die kop geskiet waar hy in sy lapa by sy huis in Moreletapark, in die ooste van Pretoria, op sy skootrekenaar gewerk het. Die misdadigers is weg sonder om enigiets te roof. Me. Pat Beckmann, ’n geleentheidskoördineerder aan die Universiteit van Pretoria, is sowat twee weke gelede verlam gelaat nadat misdadigers haar in haar huis in Constantiapark, in die ooste van Pretoria, geskiet het. Niks is geroof nie. “Wanneer iemand by ’n huis inbreek, soek hulle iets,” het mnr. Hangwani Mulaudzi, Mthethwa se woordvoerder, gister gesê. “Hoekom word mense vermoor sonder dat enigiets geroof word? Hierdie is ’n ernstige probleem. Die minister is besig om daarna te kyk.” Mthethwa het verlede week in Pretoria gesê veral Gautengers kan, met Operasie Washa Tsotsi, verwag om die komende maande heelwat meer polisiebeamptes, polisievoertuie, padversperrings en Oryx-helikopters van die weermag in hul gemeenskappe te sien. Dié operasie is ’n landwye reeks intelligensiegedrewe veldtogte om ernstige en georganiseerde misdaad hok te slaan. http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2542523,00.html |