Apple App Store (iOS)

Gaan laai die TrackBox-toep op die App Store af en volg dan hierdie stappe:

L

Maak die TrackBox-toep oop.

L

Aanvaar die nodige toelatings.

L

Klik op “Sluit aan”.

L

Voltooi al die velde wat versoek word.

L

Jy sal daarna ’n eenmalige PIN (One Time Pin of OTP) per SMS ontvang.

L

Tik dié PIN in en klik op “Verifieer”.

L

Skep jou eie wagwoord:

  1. Maak seker dat jou wagwoord aan die vereistes voldoen, indien van toepassing.
  2. Kies en antwoord die sekuriteitsvraag vir verifiëringsdoeleindes as jy moontlik jou wagwoord later vergeet. (Jy kan ook nuwe lukrake vrae as sekuriteitsvrae kies.)
  3. Klik op “Dien in”.
  4. Klik op “Verander faktuurinligting” en kies “Ja” om jou faktuurinligting by te werk.
  5. Jy sal nou na die TrackBox-ledewebwerf geneem word. Kies “Free” of “Premium” onder die opskrif “Kies asseblief tussen TrackBox PREMIUM-dienste of GRATIS dienste”. Onthou dat die premium-diens jou ’n maandelikse fooi gaan kos.
  6. Kies nou jou provinsie.
  7. Nadat jy jou provinsie gekies het, moet jy ’n NRVS kies – kies “AfriForum – Basies”.
  8. Jy is nou op die AfriForum 911-toep geregistreer en AfriForum se beheerkamer sal jou van nou af moniteer.
L

Jy kan jou Afriforum 911-noodgevaltoep nou enige plek in Suid-Afrika gebruik.

L

Toets die toep:

  1. Druk die paniekknoppie.
  2. Vra die noodreaksie-en-voorkomingsentrum- (NRVS-) beampte waar jy is.
L

Werk jou profiel gereeld by deur die toep te gebruik, of aanlyn in die TrackBox IMICS-ledekluis.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!