AfriForum 911
Spyskaart

Noodlyndiens

Die noodlyndiens verskaf die nodige infrastruktuur vir ‘n inbeller om toegang te kry tot ‘n nasionale, professionele noodsentrum. Personeel by die beheersentrum neem beheer van die noodsituasie en bestuur die kommunikasieproses met individue, organisasies en nooddiensverskaffers. Die agent by die sentrum sal in ‘n besturende hoedanigheid optree om sodoende seker te maak dat die inbeller die nodige hulp verkry.

Die noodlyn is ‘n nasionale noodnommer vir lede en hul gesinne in die volgende gevalle:

  • Aanval
  • Kaping (veral waar daar nog ‘n lid van die gesin in die voertuig is)
  • Huisbraak
  • Diefstal
  • Brand
  • Mediese noodgevalle
  • Traumaberading

© 2013–2014 AfriForum. All Rights Reserved