AfriForum 911
Spyskaart

Hoe 911 jou beskerm

Die misdaadkrisis in die land is vir ons almal ’n bron van kommer. Benewens die druk wat AfriForum op die SAPD plaas om hulle werk goed te doen, doen AfriForum reeds self prakties iets aan die saak deur die gemeenskapsveiligheidstrukture wat die organisasie besig is om landswyd te vestig.

Jou AfriForum-lidmaatskap bied aan jou en jou gesin toegang tot ’n noodnommer wat die nodige infrastruktuur skep om gratis toegang tot ’n professionele noodsentrum te verkry. Die sentrum neem dan beheer van die noodsituasie.

Die gratis AfriForum 911-diens sluit ’n 24 uur-noodlyn in, waar lede noodgevalle kan aanmeld en hulp kan vra. Die noodsentrum, wat namens AfriForum deur Europ Assistance bestuur word, kan dan die polisie, jou bure, familie of sekuriteitsmaatskappy namens jou skakel om hulp te verseker, of selfs ’n ambulansdiens ontbied, indien nodig. Telefoniese traumaberading en gesondheidsadvies vorm ook deel van dié diens.

© 2013–2014 AfriForum. All Rights Reserved