AfriForum 911
Spyskaart

Hoe om 911 te gebruik

Enige AfriForum-lid kan die noodlyn skakel en hom-/haarself identifiseer deur sy/haar ID-nommer, lidmaatskapnommer of geboortedatum aan die 24 uur-nooddienssentrum te verskaf. Die sentrum bevestig dan lidmaatskap en kan dan ’n gratis beperkte telefoniese diens lewer. Hierdie diens sluit gesondheidsadvies soos vrae oor die gebruik van medisyne in, asook bystand in ’n noodsituasie en telefoniese traumaberading. Die noodsentrum kan selfs ’n ambulans ontbied as dit nodig sou wees. Let asseblief daarop dat dié noodoproepe direk aan die AfriForum 911-noodlyn  by 0861 116 154 (beskikbaar 24 uur) gemaak moet word en dat jy asseblief nie die ambulansdiens direk moet ontbied nie.

Wanneer jy vir die uitgebreide diens in aanmerking kom deur die unieke kode op jou armband te registreer, het die noodsentrum toegang tot baie meer inligting en kan ’n  krisis meer doeltreffend hanteer word. Jy hoef dus net die noodnommer te skakel en jouself te identifiseer – die noodsentrumpersoneel sal beheer van die krisis neem.

Die dra van die armband met die unieke kode daarop sal ook handig wees as jy byvoorbeeld bewusteloos is of in ’n geval waar jong kinders verdwaal. Die nooddienste of ander hulpgewers kan dan die nommer op die armband skakel en met behulp van die unieke kode die identiteit van die draer en sy/haar familie se kontakbesonderhede opspoor.

© 2013–2014 AfriForum. All Rights Reserved