BEPALINGS EN VOORWAARDES

SEKURITEITSTOEPASSING-EINDGEBRUIKEROOREENKOMS (EULA)

Hierdie Mobieletoepassing-eindgebruikerooreenkoms (“Ooreenkoms”) is ’n bindende ooreenkoms tussen u (“U”) – die gebruiker (“Gebruiker”) – en u sekuriteitsdiensverskaffer wie se logo’s en besonderhede op die Toepassing vertoon word (“U Sekuriteitsverskaffer”). Hierdie Ooreenkoms reguleer u gebruik van die AfriForum 911-noodknoppietoepassing (die “Toepassing”, wat ’n witetiketproduk is en gemagtig is om aan U Sekuriteitsverskaffer herverkoop te word) op u mobiele toestel (“Mobiele Toestelle” – hetsy Android of iOS), insluitend alle dokumentasie wat met die Toepassing verband hou.

Die Toepassing word aan u gelisensieer, nie verkoop nie. Deur die Toepassing af te laai, te installeer, toegang daartoe te verkry en/of dit te gebruik, en/of in te teken op of andersins die dienste te gebruik wat deur U Sekuriteitsverskaffer verskaf word, (a) erken u dat u hierdie ooreenkoms gelees het en verstaan; (b) dui u aan dat u regtens daarop geregtig is om ’n bindende ooreenkoms aan te gaan; en (c) aanvaar u hierdie ooreenkoms en stem in dat u regtens deur die bepalings daarvan verbind word. Indien u nie tot hierdie bepalings instem nie, moet u nie die Toepassing aflaai, installeer of gebruik nie en dit van u Mobiele Toestel verwyder.

Die Toepassing is spesifiek ontwikkel vir gebruik met sekere Mobiele Toestelle wat GPS (globale posisioneringstelsel) inkorporeer. Daar word dus aanvaar dat u (a) die funksionaliteit en beperkings van u Mobiele Toestel verstaan en (b) enige ander bepalings en voorwaardes verstaan wat bestaan wanneer u u Mobiele Toestel en enige netwerke wat dienste aan u Mobiele Toestel verskaf, gebruik en daardeur gebind word.

U reg om die Toepassing te gebruik, kan enige tyd herroep word en u sal in sodanige geval geen eis teen enigiemand hê nie, en u sal ook nie die wettigheid van sodanige optrede betwis of die feite wat tot sodanige besluit lei, bevraagteken nie.

U Sekuriteitsverskaffer kan hierdie Ooreenkoms enige tyd wysig. Alle gewysigde bepalings sal outomaties en onmiddellik van krag word wanneer die hersiene Ooreenkoms gepubliseer word, en enige aktiwiteit met betrekking tot die Toepassing daarna sal deur sodanige gewysigde Ooreenkoms gereguleer word. Hierdie Ooreenkoms is op 3 Februarie 2021 die laaste keer hersien.

  1. DIENSTE
  • Hierdie dienste, wat hieronder beskryf word, word by ’n geldige en aktiewe AfriForum-lidmaatskap ingesluit.
  • Die Mobiele Toestel word deur u besit en andersins deur u beheer; U Sekuriteitsverskaffer sal poog om u by te staan deur dienste (die “Dienste”) aan u te lewer deur U Sekuriteitsverskaffer se heersende protokolle (“Protokolle”) ten opsigte van waarskuwings te implementeer.
  • In alle gevalle sal die omvang van die Dienste aan die Protokolle onderhewig wees. Die Protokolle sal wees soos van tyd tot tyd na sy goeddunke deur U Sekuriteitsverskaffer bepaal word en sal sommige van of al die volgende insluit:

(i)      poging om u telefonies te kontak om die aard van u waarskuwing en die bystand wat deur u benodig word, te bepaal;

(ii)     opsporing van u ligging deur middel van u Mobiele Toestel;

(iii)    aanmelding by nooddienste van u ligging en van u waarskuwing;

(iv)    oordrag van mediese inligting wat deur u verskaf word, indien enige, aan nood- mediese diensverskaffers; en

(v)     verwittiging van u benoemde naasbestaande van u waarskuwing.

  • Die Dienste sal afhang van hierdie Ooreenkoms, insluitend u aktivering van die Dienste, u nakoming van sodanige voorwaardes vir sodanige aktivering as wat U Sekuriteitsverskaffer van tyd tot tyd kan bepaal, en u verskaffing aan U Sekuriteitsverskaffer van sodanige inligting as wat hy van tyd tot tyd kan vereis. Hierdie diens sal slegs werk in gebiede wat toegewysde sekuriteits- en mediesenoodgeval- eerste respondeerders het.
  • Hierdie diens se oogmerk is nie om gesondheids- en ander kundiges te vervang wat met betrekking tot gesinsgeweld, geskille en/of geslagsgebaseerde geweldskwessies werk nie. Indien u die bystandsknoppie vir bogenoemde en verwante kwessies druk, sal u verwys word na maatskaplike dienste, die Suid-Afrikaanse Polisiediens of wie ook al aangewys is om u tydens ’n noodgeval by te staan. Gewapende reaksie word oor die algemeen nie opgelei of toegerus om hierdie kwessies te hanteer nie en sal dus nie daarby of by burgerlike geskille betrokke raak nie. U Sekuriteitsverskaffer aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige handeling of versuim aan hulle kant in hierdie verband nie.
  1. DERDEPARTYDIENSVERSKAFFERS
  • U Sekuriteitsverskaffer verskaf slegs sekuriteitsdienste en nie ambulans-, nood- mediese of ander soortgelyke dienste nie. U erken en verstaan dat die aangebode sekuriteitsdienste beperk word tot dié wat bedoel word in die Protokolle wat in klousule 1 hierbo uiteengesit word.
  • Enige persoon wat ’n waarskuwing uitstuur of veroorsaak dat dit uitgestuur word, kan aanspreeklik wees vir alle en enige koste wat met sodanige waarskuwing verband hou. U vrywaar en stel spesifiek U Sekuriteitsverskaffer skadeloos teen enige sodanige eise wat kan ontstaan as gevolg van die gebruik van die Toepassing en/of die Dienste. Verder sal u ook aanspreeklik wees vir en stel U Sekuriteitsverskaffer skadeloos teen alle koste gehef deur Derdepartydiensverskaffers wat voortspruit uit die Dienste teen die Derdepartydiensverskaffers se heersende tariewe van tyd tot tyd.
  • U erken dat, hoewel U Sekuriteitsverskaffer van tyd tot tyd Derdepartydiensverskaffers kan aanbeveel en/of samewerkingsooreenkomste met hulle kan aangaan, maak U Sekuriteitsverskaffer geen verklarings en verskaf geen waarborge ten opsigte van enige aspek van die Dienste wat deur Derdepartydiensverskaffers aan u verskaf word nie. U doen afstand van en laat vaar enige eise van enige aard hoegenaamd teen U Sekuriteitsverskaffer wat op enige wyse verband hou met enige goedere of dienste wat deur enige Derdepartydiensverskaffers aan u gelewer is. In eenvoudige terme, U Sekuriteitsverskaffer is nie en kan nie wettig vir die handelinge of versuim van Derdepartydiensverskaffers aanspreeklik gehou word nie.
  1. LISENSIETOEKENNING

U Sekuriteitsverskaffer ken aan u ’n beperkte, nie-eksklusiewe en onoordraagbare lisensie toe om:

  • die Toepassing vir u persoonlike, niekommersiële gebruik af te laai, te installeer en te gebruik op ’n enkele Mobiele Toestel, streng in ooreenstemming met hierdie Ooreenkoms en uitsluitlik vir die doeleindes van die Dienste; en
  • toegang te verkry tot en die Dienste te gebruik wat beskikbaar gestel word of waartoe andersins deur die Toepassing op die Mobiele Toestel toegang verkry kan word, streng in ooreenstemming met hierdie Ooreenkoms en die gebruiksbepalings wat op sodanige Dienste van toepassing is.
  1. LISENSIEBEPERKINGS

U mag nie:

  • Die Toepassing kopieer nie;
  • Die Toepassing modifiseer, vertaal, aanpas of andersins afgeleide werke of verbeterings skep nie, hetsy patenteerbaar al dan nie;
  • Die Toepassing teruggenieur, demonteer, dekompileer, dekodeer of andersins probeer om toegang tot die bronkode van die Toepassing of enige deel daarvan te verkry nie;
  • Enige outeursreg, handelsmerk, patent of ander intellektuele eiendom of eiendomsregkennisgewings van die Toepassing, insluitend enige kopie daarvan, verwyder, uitwis, wysig of verberg nie;
  • Die Toepassing of enige eienskappe of funksionaliteit van die Toepassing verhuur, huur, leen, verkoop, sublisensieer, oordra, versprei, publiseer, oorplaas of andersins beskikbaar stel aan enige derde party om enige rede, insluitend deur die Toepassing beskikbaar te stel op ’n netwerk waar meer as een toestel te eniger tyd daartoe toegang kan kry nie;
  • Enige kopiëringsbeskerming, regtebestuur of sekuriteitseienskappe in of ter beskerming van die Toepassing verwyder, versper, omseil of andersins skep of enige omseiling daarvoor implementeer nie;
  • Die Toepassing in, of in samewerking met, die ontwerp, konstruksie, instandhouding of bedryf van enige gevaarlike omgewings of stelsels gebruik nie, insluitend enige kragopwekkingstelsels; vliegtuignavigasie- of kommunikasiestelsels, lugverkeerbeheerstelsels of enige ander vervoerbestuurstelsels; veiligheidskritieke toepassings, insluitend mediese of lewensondersteuningstelsels, voertuigbedryfstoepassings of enige polisie-, brand- of ander veiligheidsreaksiestelsels; en militêre of ruimtetoepassings, wapenstelsels of omgewings;
  • Na ons mening, ons en/of U Sekuriteitsverskaffer se webwerf of Toepassing verdag maak, skend of andersins benadeel nie;
  • Buiten soos die gevolg kan wees van standaardsoekenjin- of internetblaaiergebruik, enige outomatiese stelsel, insluitend sonder om te beperk, enige snuffelprogram, robot, indringerprogram, skraper of aflyn leser wat toegang tot die Toepassing verkry, gebruik, loods, of versprei of enige ongemagtigde skrip of ander sagteware gebruik of loods nie;
  • Probeer om enige maatreëls van die Toepassing te omseil wat ontwerp is om toegang tot die Toepassing of enige gedeelte van die Toepassing te voorkom of beperk nie;
  • Enige van ons werknemers of agente wat daarby betrokke is om enige gedeelte van die Toepassing aan u te verskaf, teister, lastig val, intimideer of dreig nie;
  • Enigiets skadelik doen wat die begrip van “Ek sal weet as ek dit sien” skend nie; of
  • U mag nie die Toepassing gebruik vir enige doel wat onwettig is of deur hierdie diensvoorwaardes, enige toepaslike bykomende of gewysigde diensvoorwaardes, of enige ander voorwaardes of kennisgewings wat op die Toepassing of webwerf beskikbaar gestel word, verbied word nie. Ongemagtigde gebruik van hierdie Toepassing kan daartoe lei dat U Sekuriteitsverskaffer ’n eis vir skadevergoeding teen u instel en/of u kan skuldig bevind word aan ’n statutêre en/of strafbare oortreding. Deur die Toepassing te gebruik of toegang daartoe te verkry, stem u in om u van die volgende gedrag te weerhou:

(i)      Oordrag van enige wurms, virusse, trojaanse perde, tydbomme of kanselleringsbotte en/of ander kodes of wanware van ’n vernietigende aard. Dit sluit in om nie met die werking van enige van die instrumente, skripte, roetines of kodes van die Toepassing en/of die Dienste in te meng nie;

(ii)     Onderskep van enige data of persoonlike inligting van enige gebruiker of derde party wat op of deur middel van die Toepassing oorgedra word;

(iii)    Gebruik van die Toepassing om enige daad uit te voer of te bevorder wat onwettig, misleidend, kwaadwillig, lasterlik of diskriminerend is;

(iv)    Uitvoer van enige daad wat die doeltreffende en/of behoorlike werking van die Toepassing kan versper, oorheers of verswak;

(v)     Deel van inhoud, doen van of inwerkingstelling van optrede met behulp van die Toepassing op ’n wyse wat inbreuk maak op of enige persoon se regte skend of die wette van enige jurisdiksie oortree;

(vi)    Benutting van die Toepassing vir enige onwettige of ongemagtigde doeleindes; en

(vii)   Oortreding van enige wette in enige jurisdiksie, insluitend maar nie beperk nie tot enige wette ten opsigte van intellektuele eiendom.

  1. TERMYN EN BEËINDIGING
  • Die termyn van die Ooreenkoms begin wanneer u die Toepassing aflaai en bly van krag totdat dit deur u of U Sekuriteitsverskaffer beëindig word, soos in klousule (5) uiteengesit word.
  • U kan hierdie Ooreenkoms beëindig deur die Toepassing en alle kopieë daarvan van u Mobiele Toestel te verwyder.
  • U Sekuriteitsverskaffer kan hierdie Ooreenkoms enige tyd sonder kennisgewing beëindig. Verder sal hierdie Ooreenkoms onmiddellik en outomaties beëindig word, sonder enige kennisgewing, indien u enige van die bepalings en voorwaardes van hierdie Ooreenkoms verbreek.
  • By beëindiging:
  • Sal u reg om die Dienste te ontvang, gestaak word;
  • Sal alle regte wat ingevolge hierdie Ooreenkoms aan u verleen word, ook beëindig word; en
  • Moet u alle gebruik van die Toepassing staak en alle kopieë van die Toepassing van u Mobiele Toestel en rekening verwyder.
  • Beëindiging sal nie enige van U Sekuriteitsverskaffer se regte of remedies ingevolge die reg of billikheid beperk nie.
  1. VOORBEHOUD VAN REGTE

U erken en stem in dat die Toepassing ingevolge ’n lisensie verskaf word, en nie aan u verkoop word nie. U verkry geen eienaarsbelang by die Toepassing ingevolge hierdie Ooreenkoms nie, en ook geen ander regte daarop nie, buiten om die Toepassing te gebruik in ooreenstemming met die lisensie wat toegestaan word, en onderhewig aan alle bepalings, voorwaardes en beperkings ingevolge hierdie Ooreenkoms.

U Sekuriteitsverskaffer en sy lisensieerders en diensverskaffers behou hulle volle reg, titel en belang by en in die Toepassing voor en sal dit behou, insluitend alle outeursregte, handelsmerke en ander intellektuele eiendomsregte daarin of wat daarmee verband hou, buiten soos uitdruklik in hierdie Ooreenkoms aan u verleen word.

  1. INSAMELING EN GEBRUIK VAN U INLIGTING

U erken dat wanneer u die Toepassing aflaai, installeer of gebruik U Sekuriteitsverskaffer outomatiese maniere (insluitend, byvoorbeeld, koekies en webbakens) kan gebruik om inligting oor u Mobiele Toestel en oor u gebruik van die Toepassing in te samel. U kan ook gevra word om sekere inligting oor uself te verskaf as ’n voorwaarde vir die aflaai, installeer of gebruik van die Toepassing of sekere van sy eienskappe of funksies.

U stem uitdruklik in dat u persoonlike inligting, insluitend daardie inligting wat in klousule 1(c) bedoel word, tydens die Dienste aan derde partye beskikbaar gestel kan word. Alle inligting wat U Sekuriteitsverskaffer deur middel van of in verband met die Toepassing insamel, is onderhewig aan U Sekuriteitsverskaffer se Privaatheidsbeleid (dit is op versoek direk by U Sekuriteitsverskaffer beskikbaar). Deur hierdie Toepassing af te laai en te installeer en inligting daaraan of daardeur te verskaf, stem u toe tot alle stappe wat ons in ooreenstemming met die Privaatheidsbeleid met betrekking tot u inligting doen. Let daarop dat u ouer as 13 jaar moet wees om hierdie Toepassing te gebruik.

  1. GEOGRAFIESE BEPERKINGS

Die Dienste is in die Republiek van Suid-Afrika gebaseer en word verskaf vir toegang en gebruik slegs deur persone wat in die Republiek van Suid-Afrika is. U erken dat u dalk buite die Republiek van Suid-Afrika nie toegang tot al of sommige van die Dienste sal kan kry nie en dat toegang daartoe deur sekere persone of in sekere lande dalk nie wettig is nie. Indien u van buite die Republiek van Suid-Afrika toegang tot die Dienste verkry, is u vir die nakoming van plaaslike wette verantwoordelik.

  1. BYWERKINGS

U Sekuriteitsverskaffer kan van tyd tot tyd na sy absolute diskresie bywerkings vir die Toepassing ontwikkel en verskaf, wat opgraderings, foutregstellings, regstellings, ander foutregstellings, en/of nuwe kenmerke kan insluit (gesamentlik, insluitend verwante dokumentasie, “Bywerkings”). Bywerkings kan ook sekere kenmerke en funksies wysig of as geheel skrap. U stem in dat U Sekuriteitsverskaffer geen verpligting het om enige Bywerkings te verskaf of voort te gaan om enige kenmerke of funksies te verskaf of moontlik te maak nie. Na gelang van u Mobiele Toestel se stellings, wanneer u Mobiele Toestel met die internet verbind is:

  • Sal die Toepassing alle beskikbare Bywerkings outomaties aflaai en installeer; of
  • Kan u kennisgewing ontvang van of gevra word om beskikbare Bywerkings af te laai en te installeer. U moet alle Bywerkings dadelik aflaai en installeer en erken en instem dat die Toepassing of gedeeltes daarvan dalk nie behoorlik sal werk as u versuim om dit te doen nie. U stem verder in dat alle Bywerkings geag sal word deel van die Toepassing te wees, en aan alle bepalings en voorwaardes van hierdie Ooreenkoms onderhewig te wees.
  1. DERDEPARTYMATERIAAL

Die Toepassing kan derdeparty-inhoud (insluitend data, inligting, toepassings en ander produkte, dienste en/of materiaal) vertoon, insluit of beskikbaar stel, of skakels verskaf na derdepartywebwerwe of dienste, insluitend deur derdepartyreklame (“Derdepartymateriaal”). U erken en stem in dat U Sekuriteitsverskaffer nie vir Derdepartymateriaal verantwoordelik is nie, insluitend vir hulle akkuraatheid, volledigheid, tydigheid, geldigheid, outeursregnakoming, wettigheid, ordentlikheid, gehalte of enige aspek daarvan. U Sekuriteitsverskaffer aanvaar nie en sal geen aanspreeklikheid of verantwoordelikheid teenoor u of enige ander persoon of entiteit vir enige Derdepartymateriaal hê nie. Derdepartymateriaal en skakels daarheen word slegs as gerief vir u verskaf, en u verkry toegang daartoe en gebruik dit op u eie risiko en onderhewig aan sodanige derde partye se bepalings en voorwaardes.

  1. FORCE MAJEURE

U Sekuriteitsverskaffer sal nie hierdie Ooreenkoms verbreek of andersins teenoor u aanspreeklik wees as gevolg van ’n vertraging in die uitvoering, of nie-uitvoering, van enige van sy verpligtinge ingevolge hierdie Ooreenkoms in die mate wat sodanige uitvoering of nie-uitvoering die gevolg van enige Force Majeure is nie. Vir die doeleindes van hierdie klousule (11) beteken “Force Majeure” enige omstandighede buite die redelike beheer van U Sekuriteitsverskaffer en sal geag word om in te sluit:

  • Enige oproer, onrus, staking, uitsluiting, sloerstakings, arbeidsoproerigheid, werksonderbrekings, dade van rowery of dade van sabotasie, nywerheidsoptrede of arbeidsonrus;
  • Onvoldoende verskaffing van materiale, verpakking, handelsware, toerusting, voorrade, materiaal of elektrisiteit;
  • Oorlog, vyandighede (hetsy oorlog verklaar word of nie), invalle, rebellie, terrorisme, revolusie, opstand, militêre of wederregtelike oorname, stakings van ’n politieke aard, enige daad of veldtog van terrorisme, dade van buitelandse vyande;
  • Natuurrampe soos ’n aardbewing, orkaan, tifoon of vulkaniese aktiwiteit of oorstroming, weerlig en spesifieke voorvalle van buitengewone nadelige weerstoestande;
  • Nakoming van enige wet;
  • ’n Handeling van die opperwese;
  • Beperkings op of gebrek aan sellulêre dekking, kongestie, netwerkdekking, onderbreekte verbindings, die nie- of gebrekkige prestasie van draadlose toestelle, inhoud na of van u indien u mobiele toestel nie aangeskakel is nie of nie reg gekonfigureer is nie, u GPS wat geaktiveer en ten volle funksioneel is, u antwoord wat nie in die korrekte formaat is nie, u mobiele toestel wat nie binne dekking is nie of om enige ander rede nie bereik kan word nie, indien u ’n versperring teen teks-/DAP-/Java-dienste op u mobiele toestel het, u ’n voorafbetaalde intekenaar is en geen oproepkrediet het nie, u boodskapposbus of foongeheue wat vol is, atmosferiese toestande en ander oorsake van versteuring van die dienste en/of u mobiele toestel;
  • ’n Gebrek aan elektrisiteit of onvoldoende batterylewe op u mobiele toestel.
  1. WEERHOUDING VAN WAARBORGE

Die Toepassing word voetstoots aan die eindgebruiker verskaf en met alle foute en gebreke sonder ’n waarborg van enige aard. In die maksimum mate wat ingevolge toepaslike reg toegelaat word, weier U Sekuriteitsverskaffer, namens homself en namens sy geaffilieerdes en hulle onderskeie lisensieerders en diensverskaffers (insluitend die Derdepartydiensverskaffers en diegene wat hierdie Toepassing tegnies ondersteun) uitdruklik alle waarborge, hetsy uitdruklik, stilswyend, statutêr of andersins, ten opsigte van die Toepassing en/of Dienste en/of enige aspek daarvan, insluitend alle stilswyende waarborge ten opsigte van handelaarvermoë, geskiktheid vir ’n spesifieke doel, titel en nie-oortreding, en waarborge wat as gevolg van betrekkinge, prestasie, gebruik of handelspraktyk kan ontstaan. Sonder om bostaande te beperk, verskaf U Sekuriteitsverskaffer geen waarborg of onderneming en maak geen voorstelling van enige aard dat die Toepassing of die Dienste aan u vereistes sal voldoen, enige beoogde resultate sal bereik, versoenbaar sal wees of met enige ander sagteware, toepassings, stelsels of dienste sal werk, sonder onderbreking sal werk, sal voldoen aan enige prestasie- of betroubaarheidstandaarde om foutvry te wees, of dat enige foute of defekte reggestel kan of sal word nie. Sonder om aan bostaande afbreuk te doen:

  • Erken u dat die beskikbaarheid van die Dienste aan die volgende vereistes vir die funksionaliteit van die Toepassing onderhewig is:
  • Die Mobiele Toestel wat gebruik word om toegang tot die Toepassing te kry, moet aangeskakel wees;
  • Die Mobiele Toestel wat gebruik word om toegang tot die Toepassing te kry, moet nie so beskadig wees dat dit nie data aan U Sekuriteitsverskaffer of ondersteuningsdienste kan kommunikeer (oordra) nie;
  • Die Mobiele Toestel wat gebruik word om toegang tot die Toepassing te kry, moet teksboodskapvermoë hê;
  • Die Mobiele Toestel wat gebruik word om toegang tot die Toepassing te kry, moet binne die betrokke gebruiker se kommunikasienetwerkoperateur se datadekkingsgebied wees;
  • U datakommunikasiedienste van die betrokke netwerkoperateur moet ontsper en operasioneel wees; en
  • Die GPS op die Mobiele Toestel wat gebruik word om toegang tot die Toepassing te kry, moet ontsper wees.
  • U Sekuriteitsverskaffer waarborg nie dat die mobieletoepassingsgedeelte van die toepassing met u Mobiele Toestel versoenbaar sal wees nie;
  • U Sekuriteitsverskaffer waarborg nie die korrekte funksionering van die Toepassing nie;
  • U Sekuriteitsverskaffer waarborg nie die reaksie van die Derdepartydiensverskaffers nie, en U Sekuriteitsverskaffer waarborg ook nie die gehalte van hulle dienste, die reaksietyd en dat sodanige Derdepartydiensverskaffers hoegenaamd op u sal reageer nie;
  • U Sekuriteitsverskaffer waarborg nie dat die Dienste op enige of alle tye tot u beskikking sal wees nie;
  • U Sekuriteitsverskaffer waarborg nie dat die Toepassing of die Dienste aan u vereistes sal voldoen, in kombinasie met enige hardeware of sagtewaretoepassings of derdepartydienste, ononderbroke, foutvry of sonder risiko vir of verlies van enige inligting, data, sagteware of toepassings wat daarin vervat is, sal werk nie;
  • Die Dienste is onderhewig aan normale beperkings van die onderskeie verskaffers van data en inligting; en
  • Die gebruik van die Toepassing en die Dienste dra inherente risiko en u stem in tot sodanige risiko en U Sekuriteitsverskaffer het geen aanspreeklikheid van watter aard ook al indien u die Toepassing, die Dienste of enige komponent daarvan gebruik nie.

(i)      Onderhewig aan die dienste wat gelewer word, laat u AfriForum-lidmaatskap u toe om 1 (een) mobiele gewapende reaksie per maand te ontvang as ’n gedeelde diens tussen u en u geregistreerde afhanklikes (’n totaal van 6 (ses) mense) sonder enige koste vir u.

  • Mobiele gewapendereaksiedienste word beskryf as die stuur van gewapende sekuriteitsbeamptes van ’n geregistreerde sekuriteitsmaatskappy om u op aanvraag by te staan.
  • U Plaaslike Radius word beskryf as die onmiddellike gebied binne 50 km van waar u werk of woon. Die onus is op u om u plaaslike radius te verander indien dit nodig is – tensy dit verander word, sal ons wat ook al in ons dokumente/databasis is, as korrek en waar gebruik.
  • Die Nasionale Voetspoor word beskryf as buite u Plaaslike Radius, maar steeds binne Suid-Afrika.

(m)    Onderhewig aan die dienste wat gelewer word, laat u AfriForum-lidmaatskap u toe om 1 (een) mediese noodreaksie per maand te ontvang as ’n gedeelde diens tussen u en u geregistreerde afhanklikes (’n totaal van 6 (ses) mense) sonder enige koste vir u.

  • ’n Lid word as die AfriForum-lid en sy/haar 5 (vyf) geregistreerde afhanklikes beskryf en verstaan.
  • Die dienste waarna in bepalings 12(i) en 12(m) hierbo verwys word, word tot 6 (ses) direkte gesins- en familielede (hooflid en “afhanklikes”) beperk.
  • Let daarop dat u vir mediese vervoer en mediese koste aangegaan verantwoordelik bly. Ons aktiveer bloot die alarm namens u. Ons is nie en word nie aanspreeklik gehou vir enige toevallige of bykomstige mediesebehandelingsuitgawes nie.
  • Indien u die ooreengekome beperkings oorskry wat hierbo uiteengesit word, sal u aanspreeklik wees vir alle bykomende koste wat aangegaan word.
  1. AANSPREEKLIKHEIDSBEGRENSING

In die volle mate wat deur die toepaslike reg toegelaat word, sal U Sekuriteitsverskaffer of sy geaffilieerdes of enige van sy of hulle onderskeie lisensieerders of diensverskaffers (insluitend die Derdepartydiensverskaffers) onder geen omstandighede enige aanspreeklikheid hê wat voortspruit uit of verband hou met u gebruik van of onvermoë om die Toepassing of die inhoud en Dienste te gebruik vir:

  • Persoonlike besering, skade aan eiendom, verlore wins, koste van vervangende goedere of dienste, verlies van data, verlies van klandisiewaarde, sake-onderbreking, rekenaarfaling of wanfunksionering, of enige ander gevolglike, toevallige, indirekte, afskrikkende, spesiale of bestraffende skadevergoeding nie; of
  • Enige direkte skade wat as gevolg van die gebruik van die diens gely word nie.

Die bogemelde beperkings sal van toepassing wees of sodanige skade die gevolg is van kontrakbreuk, onregmatige daad (insluitend nalatigheid), of andersins, en ongeag of sodanige skade voorsienbaar was, en of U Sekuriteitsverskaffer van die moontlikheid van sodanige skade in kennis gestel is. Sommige jurisdiksies laat nie sekere beperkings van aanspreeklikheid toe nie, dus is al die beperkings van aanspreeklikheid hierbo dalk nie op u van toepassing nie.

  1. ENIGSTE REMEDIE

U enigste en uitsluitlike remedie indien u nie met die Diens of Toepassing tevrede is nie, is om die Toepassing uit te vee en op te hou om die Dienste te gebruik.

  1. SKADELOOSSTELLING

U stem in om U Sekuriteitsverskaffer en sy beamptes, direkteure, werknemers, agente, geaffilieerdes en opvolgers, en regsverkrygendes te vrywaar, te verdedig en skadeloos te stel teen enige en alle verliese, skade, aanspreeklikheid, tekortkominge, eise, aksies, uitsprake, skikkings, rente, toekennings, strawwe, boetes, koste of uitgawes van watter aard ook al, insluitend prokureursgelde, wat voortspruit uit of betrekking het op u gebruik of misbruik van die toepassing of u verbreking van hierdie ooreenkoms, insluitend maar nie beperk nie tot die inhoud wat u deur hierdie Toepassing indien of beskikbaar stel.

  1. SKEIBAARHEID

Indien enige bepaling van hierdie Ooreenkoms onwettig of nie ingevolge toepaslike reg afdwingbaar is nie, sal die res van die bepaling gewysig word om die effek van die oorspronklike bepaling so na as moontlik te verkry, en alle ander bepalings van die Ooreenkoms sal steeds volle gesag en regsgeldigheid hê.

  1. REGULERENDE WETGEWING EN GESKILLE

Hierdie Ooreenkoms word deur die wette van die Republiek van Suid-Afrika beheer.

  1. Informele onderhandelings

Om die oplossing van enige geskil, verdeelheid of eis wat met hierdie gebruiksbepalings verband hou (elkeen ’n “Geskil” en gesamentlik die “Geskille”) wat deur óf u, óf ons (individueel ’n “Party” en gesamentlik “die Partye”) ingestel word, te versnel en die koste daarvan te beheer, stem die Partye in om eers te probeer om vir ten minste dertig (30) dae informeel oor enige Geskil (buiten daardie Geskille waarvoor daar uitdruklik hieronder voorsiening gemaak word) te onderhandel voordat arbitrasie geïnisieer word. Sodanige informele onderhandelinge begin met skriftelike kennisgewing van een Party aan die ander Party.

  1. Bindende arbitrasie

Indien die Partye nie ’n Geskil deur informele onderhandelinge kan oplos nie, sal die Geskil (buiten daardie Geskille wat uitdruklik hieronder uitgesluit word) finaal en uitsluitlik deur bindende arbitrasie opgelos word. U verstaan dat u sonder hierdie bepaling die reg sal hê om in ’n hof te dagvaar. Die arbitrasie sal onder die Arbitrasiestigting van Suid-Afrika (AFSA) begin en gevoer word. Die arbitrasie kan in persoon, deur die indiening van dokumente, per telefoon of aanlyn hanteer word. Die arbiter sal ’n skriftelike besluit neem, maar hoef nie ’n verklaring van redes te verskaf tensy enigeen van die Partye dit versoek nie. Die arbiter moet toepaslike reg volg, en enige toekenning is aanvegbaar indien die arbiter versuim om dit te doen. Buiten waar die toepaslike reëls of toepaslike reg die teendeel vereis, sal die arbitrasie in Johannesburg plaasvind.

Die toepassing van die Verenigde Nasies se konvensie oor kontrakte vir die internasionale verkoop van goedere en die Eenvormige Inligtingtransaksiewet (UCITA) word by hierdie gebruiksvoorwaardes uitgesluit.

Onder geen omstandighede sal enige Geskil wat deur enige Party gebring word en op enige manier op die Toepassing betrekking het, begin meer as dertig dae nadat die grond vir regsvordering ontstaan het nie. Indien die bepaling as onwettig of onafdwingbaar verklaar word, sal nie een van die Partye kies om enige Geskil wat binne daardie gedeelte van hierdie bepaling wat as onwettig of onafdwingbaar verklaar word, te arbitreer nie, en sodanige Geskil moet beslis word deur ’n bevoegde hof binne die howe wat vir die jurisdiksie hierbo gelys word, en die Partye stem in om hulle aan die persoonlike jurisdiksie van daardie hof te onderwerp.

  1. Beperkings

Die Partye stem in dat enige arbitrasie tot die Geskil tussen die partye individueel beperk moet word. In die volle mate wat regtens toelaatbaar is –

(i)      Moet geen arbitrasie met enige ander verrigtinge gekombineer word nie;

(ii)     Is daar geen reg of gesag vir enige geskil om op ’n klasaksiegrondslag gearbitreer te word of om klasaksieprosedures te benut nie; en

(iii)    Is daar geen reg of gesag vir enige Geskil om in ’n beweerde verteenwoordigende hoedanigheid namens die algemene publiek of enige ander persone ingestel te word nie.

  1. Uitsonderings op informele onderhandelings en arbitrasie

Die Partye stem in dat die volgende Geskille nie aan bostaande bepalings oor informele onderhandelings en bindende arbitrasie onderhewig is nie:

(i)      Enige Geskille wat enige van die intellektuele eiendomsreg van ’n Party wil afdwing of beskerm, of daarop betrekking het;

(ii)     Enige Geskil wat verband hou met of ontstaan as gevolg van aantygings van diefstal, roof, skending van privaatheid of ongemagtigde gebruik; en

(iii)    Enige eis om ’n verbod of tussentydse regshulp.

Indien die bepaling as onwettig of onafdwingbaar verklaar word, sal nie een van die Partye kies om enige Geskil wat binne daardie gedeelte van hierdie bepaling wat as onwettig of onafdwingbaar verklaar word, te arbitreer nie, en sodanige Geskil moet beslis word deur ’n bevoegde hof binne die howe wat vir die jurisdiksie hierbo gelys word, en die Partye stem in om hulle aan die persoonlike jurisdiksie van daardie hof te onderwerp.

  1. BEPERKING VAN TYD OM EISE IN TE DIEN

Enige grond vir regsvordering of eis wat u mag hê wat ontstaan uit of betrekking het op hierdie Ooreenkoms of die Toepassing moet ’n aanvang neem binne dertig dae nadat die grond vir regsvordering ontstaan het, andersins word sodanige grond vir regsvordering of eis permanent belet.

  1. VOLLE OOREENKOMS

Hierdie Ooreenkoms en ons Privaatheidsbeleid maak die volle ooreenkoms tussen u en U Sekuriteitsverskaffer ten opsigte van die Toepassing uit en vervang alle vorige of gelyktydige verstandhoudings en ooreenkomste, hetsy skriftelik of mondelings, ten opsigte van die Toepassing.

  1. AFSTANDDOENING

Geen versuim aan die kant van enige party om enige reg of enige bevoegdheid ingevolge hiervan uit te oefen, en geen vertraging in die uitoefening daarvan, sal as afstanddoening daarvan dien nie, en geen enkele of gedeeltelike uitoefening van enige reg of bevoegdheid ingevolge hiervan verhinder die verdere uitoefening van daardie of enige ander reg ingevolge hiervan nie. Indien ’n konflik tussen hierdie Ooreenkoms en enige toepaslike aankoop of ander bepalings ontstaan, kry die bepalings van hierdie Ooreenkoms voorkeur.

  1. GEBRUIKERDATA

Ons of ons tegniese ondersteuningafdeling sal sekere data wat u na die Toepassing of ons webwerf stuur, in stand hou ten einde die prestasie van die Toepassing en data wat op u gebruik van die Toepassing betrekking het, te bestuur. Hoewel ons gereeld roetinerugsteune van data maak, is u uitsluitlik verantwoordelik vir alle data wat u stuur of wat betrekking het op enige aktiwiteit wat u onderneem deur die Toepassing te gebruik. U stem in dat ons geen aanspreeklikheid teenoor u het vir enige verlies of korrupsie van enige sodanige data nie, en u doen hiermee afstand van enige reg van aksie teen ons wat uit enige sodanige verlies of korrupsie van sodanige data voortspruit.

Ingevolge hierdie eindgebruikerlisensieooreenkoms en die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (POPI), het u die volgende regte:

  • Die reg op deursigtigheid, insluitend die reg om in kennis gestel te word van hoe u persoonlike data gebruik sal word.
  • Die reg op toegang tot u persoonlike data op versoek.
  • Die reg om die regstelling of uitwissing van persoonlike inligting te versoek.
  • Die reg om beswaar te maak teen spesifieke gebruik van persoonlike inligting.
  • Die regte wat met outomatiese besluitneming en profilering verband hou.
  1. ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE, TRANSAKSIES EN HANDTEKENINGE

Besoeke aan ons webwerf of die gebruik van die Toepassing, die stuur van e-posse aan ons, en die invul van aanlyn vorms is elektroniese kommunikasie. U stem in om elektroniese kommunikasie te ontvang, en stem in dat alle ooreenkomste, kennisgewings, openbaarmakings en ander kommunikasie wat ons elektronies per e-pos aan u verskaf, voldoen aan enige regsvereiste dat sodanige kommunikasie op skrif moet wees. U stem hiermee in tot die gebruik van elektroniese handtekeninge, kontrakte, bestellings en ander rekords, en tot die elektroniese lewering van kennisgewings, beleide en rekords van transaksies wat deur ons of deur middel van die Toepassing geïnisieer of voltooi word.

U doen hiermee afstand van enige regte of vereistes ingevolge enige statute, regulasies, reëls, ordonnansies of ander wette in enige jurisdiksie wat ’n oorspronklike handtekening of lewering of behoud van nie-elektroniese rekords vereis, of tot betalings of die toestaan van krediete op enige ander manier as ’n elektroniese manier.

Inligting wat in ooreenstemming met artikel 43 van die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies 25 van 2002 (soos gewysig) deur U Sekuriteitsverskaffer aan u verskaf moet word, is op versoek by U Sekuriteitsverskaffer beskikbaar. U word aangeraai om gereeld met hulle vir enige wysigings of bywerkings met betrekking tot Diens te kontroleer.

Beskrywing van produkte en/of dienste wat aangebied word: Mobiele Mediese en Sekuriteitsreaksietoepassing, ondersteun deur 911 Response24.

In enige botsing tussen die bepalings van hierdie ooreenkoms en die inhoud van die webwerf, geld die bepalings wat hierin uiteengesit word.

Die Toepassing word besit deur AfriForum, maar word ondersteun deur en die tegnologie besit deur 911 Response24. Die volgende bevat verdere inligting oor AfriForum en verteenwoordig die inligting wat in ooreenstemming met artikel 43 van die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies 25 van 2002 (soos gewysig) deur AfriForum aan u verskaf moet word. U word aangeraai om gereeld hierdie gedeelte van die Diensvoorwaardes vir enige wysigings of bywerkings te kontroleer.

Volle naam: AfriForum MSW

Regstatus: Lopende saak

Maatskappy reg. no.: 2005/042861/08

Direkteure: A Bailey, PJW Buys, FJD de Klerk, GR de Vries, DP Goosen, DJ Hermann, CM Kriel, D Laufs, JJ Malan, WJ Nel

Fisiese adres: Eendrachtstraat 1, Kloofsig, Pretoria

Posadres: Posbus 17216, LYTTELTON 0140

Telefoonnommer: 086 10 200 30

E-posadres: afriforum@afriforum.co.za

Webwerfadres: www.afriforum.co.za

  1. NETWERKTOEGANG EN ‑TOESTELLE

U is daarvoor verantwoordelik om die datanetwerktoegang te kry wat nodig is om die Dienste te gebruik. U mobiele netwerk se data- en boodskaptariewe en gelde kan van toepassing wees indien u vanaf ’n toestel met draadlose toegang tot die Dienste toegang verkry of dit gebruik, en u is vir sodanige tariewe en gelde verantwoordelik.

U is daarvoor verantwoordelik om versoenbare hardeware of toestelle te verkry en by te werk wat nodig is om toegang te verkry tot en die Dienste en Toepassings en enige bywerkings daarvan te gebruik. U Sekuriteitsverskaffer waarborg nie dat die Dienste, of enige gedeelte daarvan, op enige spesifieke hardeware of toestelle sal werk nie. Verder kan die Dienste onklaar raak en aan vertragings onderhewig wees wat eie is aan die gebruik van die internet en elektroniese kommunikasie.

Alles moontlik word gedoen om seker te maak dat die Toepassing operasioneel is. U Sekuriteitsverskaffer aanvaar egter geen verantwoordelikheid en is nie aanspreeklik vir die Toepassing wat tydelik as gevolg van tegniese probleme buite die beheer van U Sekuriteitsverskaffer nie beskikbaar is nie. U Sekuriteitsverskaffer verskaf geen waarborg dat die Gebruiker se toegang tot die Toepassing nie onderbreek sal word nie. U Sekuriteitsverskaffer of sy tegniese ondersteuningafdeling kan van tyd tot tyd instandhouding doen of nuwe geriewe en funksies bekendstel. Die Gebruiker stem in en aanvaar dat spesifieke onderbrekings en niebeskikbaarheid van die Toepassing en/of Diens as gevolg daarvan kan voorkom.